Listen to articles

this section is only for archive purposes

Please note that this section of the website is only an archive and is no longer maintained, most of the information is out of date, the feeds on the home page are from our live website
Anna Emm Productions - Drama Academy Print E-mail
User Rating: / 1
PoorBest 
Submitted by Lorraine du Toit - Anna Emm Productions   
Listen to this article
Anna Emm Productions is reeds bekend vir sy talle kinderteaterproduksies en die bekende “Storie-vir-Storie” CD reeks vir kinders.  Nou het hierdie suksesvolle produksiehuis ook ‘n dramaskool op die been gebring met takke in Durbanville en die Paarl.  Wat hierdie dramaskool anders maak as enige ander, is die besondere storieverteller wat aan sy stuur staan!

Anna Emm se droom vir ‘n maatskappy wat “stories vervaardig” het ontstaan toe sy in 1998 as jong onderwyseres by Laerskool Parow-Oos gewerk het.  Sy was diep geraak deur die haglike huislike omstandighede waaruit sommige van hierdie kinders gekom het, en het begin om vir haar Graad 2 klas stories uit te dink om hulle te help om van hierdie dinge te verwerk.  Die uitwerking van stories op hierdie kinders was so oorweldigend, dat Anna besef het sy het iets beet.  Na vier jaar het sy die onderwys verlaat om Anna Emm Productions te stig – ‘n produksiehuis wat hom toespits op die vertel van stories!

“Ons wil stories gebruik as teenmiddel vir al die negatiewe boodskappe in die wêreld,” sê Anna Emm.  “’n Mooi storie het dieselfde uitwerking op jou siel as ‘n mooi stuk musiek of ‘n mooi uitsig of ‘n pedikuur.  Dis terapeuties!”

Die doel van die Anna Emm Productions Drama Academy is dan ook hierdie visie ‘n stap verder te neem, en kinders te laat deel word van die storievertel-proses. 


“Ons leer vir kinders dat toneelspel ‘n kommunikasie-middel is soos enige ander taal.  Ons leer hulle hoe om hulle liggame en stemme te gebruik om stories te vertel en boodskappe en emosies oor te dra.”

Die Drama Academy het reeds op 2 Februarie sy deure oopgemaak met klasse vir kinders vanaf Preprimêr tot Graad 7.  Jong akteurs en aktrises kan hier deel word van die wonderwêreld van die verhoog terwyl hulle leer hoe om stories uit te dink, nuwe karakters te skep, kostuums en props te maak, en d.m.v. toneelspel vir ‘n uur elke week te ontsnap van ‘n wêreld vol huiswerk en skoolbanke! 

Klasse word aangebied in die Durbanville Stadsaal en Ou Meulteater in Paarl, en fooi sluit ‘n lidmaatskapkaart, portfolio foto’s, kunsmateriale en deelname aan kwartaallikse “showcase” geleenthede in. 

Vir meer besonderhede kontak Anna Emm Productions by 021 558 0234, of skakel Lorraine by 073 888 3844.  Inskrywingsvorms is beskikbaar by www.AnnaEmm.co.za

Add as favourites (55) | Quote this article on your site

  Be first to comment this article
RSS comments

Only registered users can write comments.
Please login or register.

Powered by AkoComment Tweaked Special Edition v.1.4.6
AkoComment © Copyright 2004 by Arthur Konze - www.mamboportal.com
All right reserved




WhatsOnSA Social Bookmarks - Click on the icon to add it as a Bookmark
Digg!Reddit!Del.icio.us!Facebook!Slashdot!Netscape!Technorati!StumbleUpon!Newsvine!Furl!Yahoo!Ma.gnolia!Free social bookmarking plugins and extensions for Joomla! websites!
 
< Prev   Next >